What makes you happy? (J. van Wyk in Landbouweekblad)

Well, we’re in stressful times. There’s a lot to think and ponder about – and not only about you’re identity and sense of belonging on the African continent. No – there are lots of more contemporary and pressing issues like the political turmoil, industrial strife and labour unrest, economic tumble downturn and the ongoing Eskom tariff leaps upward. Then I not even touched on personal security, adventurous crime levels and intolerable loss of life on the roads, farms and even in old age homes. Well, Johann van Wyk has another view – seems you only need a “tin of sardines” if you come to think of it. Just read what he writes while enjoying his retirement “op die Strand.”

’N BLIKKIE SARDIENS VIR GELUK

Wat maak jou gelukkig? Ek het daaroor gewonder toe Suid-Afrika, op grond van mense se persoonlike ervaringe, onlangs baie laag op die wêreld se Geluksindeks geëindig het.

Gegewe die tye waarin ons leef, was dit seker te wagte dat Suid-Afrika nie bo-aan die indeks vir gelukkige lande sou pryk nie. Maar ek gaan my nie uitlaat oor wat mense alles in Suid-Afrika ongelukkig maak nie. Die lys sal lank en neerdrukkend wees.

Ek wil eerder stilstaan by wat mense wél gelukkig maak. Oftewel: Wat mý gelukkig maak. En daar is baie.

Die gelukkigste oomblik van my daagliks bestaan is egter wanneer ek soggens, hoewel soms met pyn, uit die skyndood van die slaap ontwaak en besef dat ek léwe. Dis elke môre ’n ontdekking wat my met vreugde en dankbaarheid vul as ek die gordyne ooptrek en die nuwe dag sien breek.

Om te verhinder dat my gevoel van behaaglike geluksaligheid onmiddellik tot ’n einde kom, vermy ek die slegte vroegoggendnuus oor die radio en beperk my tot die spotprent in die koerant. Dit laat my meestal glimlag.

Die spreekwoord lui mos: Lag, en die wêreld lag saam met jou.

Sedert 1994 het ek ook die gewoonte aangeleer om soggens, saam met my Weetbix, na ou Louis Armstrong se liedjie, What a wonderful world;, te luister. Dit versterk my gevoel dat die wêreld, hoe gebroke ook al, tóg ’n wonderlike plek bly. Ek wissel dit af met Bob Marley se Don’t worry, be happy. Nóg iets wat my persoonlike gelukindeks soggens die hoogte laat inskiet, is wanneer ek, een keer per week ná my Weetbix, ’n hele blikkie sardiens op roosterbrood alleen opeet. Let wel: Nié Suid-Afrikaanse of Portugese sardyne (“pilchards”) nie, maar die ware Jakob – duur, ingevoerde Noorweegse “silt sardines”.

Wanneer ek die blikkie aan ’n ringetjie ooptrek en die ou dae onthou toe jy dit, soos Bully beef, met ’n sleuteltjie oopgedraai het, styg my geluksindeks nóg ’n paar kerwe terwyl ek my verstom aan die wonderwerk om piepklein, goue vissies in perfekte simmetriese orde in ’n toe blik te kry. Dit beïndruk my meer as my selfoon, i-Pad en skootrekenaar.

Dit wek ook aangename herinneringe – wat my geluksindeks verder opstoot – aan die dae toe die sardientjie-effek op Stellenbosch nageaap is deur te kyk hoeveel studente in ’n ronde, outydse telefoonhokkie ingepak kan word. As ek reg onthou, was die rekord iets soos vyf. (In ’n Volkswagenkewer was dit 11.)

Dit herinner my ook aan die keer toe ons, op pad terug van die Kaap af Calvinia toe, by Gansfontein in die Ceres-Karoo moes oornag. Daar het my pa ’n blikkie sardiens by die Jood se winkel gaan koop. Teen sononder het ons dit saam met ’n halwe waatlemoen, oorskiet-braaivleis en koffie geëet. Eintlik het my pa dit geëet. Ek het net enetjie gekry …

Toe ons op ’n seiltjie langs die kar gaan lê, het ’n sekelmaan oor die stil, nagtelike hemel geskuif. Die volgende oggend het die son se eerste strale op die leë blikkie met sy opgerolde dekseltjie weerkaats.

Dis meer as 50 jaar gelede, maar ek onthou steeds die smaak van daardie sardiens … en hoe gelukkig dit my gemaak het.

Johan van Wyk, ’n boorling van Calvinia, is ’n deurwinterde, afgetrede joernalis wat in die Strand woon.

 

About Wilhelm Weber

Pastor at the Old Latin School in the Lutherstadt Wittenberg
This entry was posted in Politics, philosophy and other perspectives and tagged , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.