Trees for Africa

BOME VIR AFRIKA!

Té veel bome in ’n land wat normaalweg droog is, kan skadelik wees vir die natuurlike habitat. Dié probleem het oor die jare in Suid-Afrika ontstaan.

KORTOM

■ ’n Paar jaar gelede al is bereken dat 98 % van die Transvaalse Bosveld, wat nie onder die ploeg is nie, geheel en al deur bosse ingedring is.
■ Omtrent 150 jaar gelede het groottroppe springbokke die Springbokvlakte noord van Pretoria bewei wat nou, benewens bewerkte gebiede, tipiese koedoe- en njalahabitat geword het.

Suid-Afrika is in wese ’n droë land. Die stryd om die boeke op ’n plaas te balanseer, is niks nuuts nie. In die afgelope 30 jaar tot 40 jaar is honderde marginale kommersiële plase in wildplase omskep omdat dit gesien is as ’n makliker manier om ’n volhoubare inkomste uit die grond te maak. Geen duur werktuie meer nie, geen saad, bemesting, chemikalieë, dipstowwe of medisyne om te koop nie. Geen kampheinings om te onderhou of skommelende produktemarkte om deur gedikteer te word nie. Geen vervoerkoste vir jou produkte na die mark nie – die jagters kom oes dit op die plaas. Solank jy net toesien dat daar genoeg weiding en suipplekke op die plaas is, sal die wild aanteel en vir hulleself sorg. Hulle is immers beter aangepas en maak baie beter gebruik van die totale omgewing.

Die beeste word verkoop en die plaas bevolk met ’n verskeidenheid wildsoorte. Omdat rooibokke die bekostigbaarste wildsbok is, oortref hul getalle al die ander en saam met al die ander grasvreters oorbewei hulle die graskomponent van die veld heeltemal.

Benewens koedoes, njalas, bosbokke, steenbokke en duikers, kom min ander gespesialiseerde blaarvreters op die meeste wildplase voor. Vergeleke met die grasvreters is hul getalle min. Vanweë die koste en klein gebiede kom min of geen olifante of swartrenosters hier voor om die bome en struike behoorlik te benut nie. Selfs kameelperde en elande kom nie op alle wildplase voor nie.

Natuurlik moet jy ’n wildwerende heining hê, maar dis juis dié heining wat die wild verhinder om te trek en hulle op een kol vaskeer, wat maak dat die graskomponent van die veld agteruitgaan en die bos, wat sy vog diep kan gaan haal, ál meer die oorhand kry.

Die gevolg daarvan, asook van verál die gebrek aan ’n behoorlïke brandprogram op die meeste wildplase, is dat hulle omtrent sonder uitsondering sit met ’n ongelooflik groot bosindringingsprobleem. ’n Paar jaar gelede al is bereken dat 98% van die Transvaalse Bosveld, wat nie onder die ploeg is nie, geheel en al deur bosse ingedring is. Hoe kleiner die eiendom, hoe meer dramaties is hierdie probleme en hoe intenser moet die bestuurspraktyke wees.

BOME WORD MEER

Daar’s talle voorbeelde van hoe bome deur die jare vermeerder het. Toe Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap van Goeie Hoop voet aan wal gesit het, was daar omtrent geen bome nie, behalwe in een afgeleë vallei … daarom het hulle dit Houtbaai genoem. Die Kaapse Vlakte was ’n wye, oop sand- en vleilandvlakte … waar daar nie vandag huise staan nie, is vir elke boom wat eens daar gegroei het, nou duisende.

Langs die pad na die klein dorpie Marken naby die grens van Botswana, is ’n groepie reusagtige anabome waar David Livingstone altyd gekampeer het. Ek het eenmaal ’n ou foto gesien wat daar geneem is en ’n uitsig oor ’n groot, oop savanna-vlakte toon. Deesdae is die anabome só toegegroei dat jy hulle skaars kan sien. Die vlakte lyk soos ’n oerwoud.

Aan die begin van die vorige eeu het die eerste veldwagter van die Kruger-wildtuin, James Stevenson-Hamilton in sy boek South African Eden beskryf hoe hy gereeld per ossewa van sy hoofkwartier by Sabiebrug (vandag Skukuza) na Witrivier gereis het om proviand aan te vul. Volgens hom was hul grootste probleem by Witrivier die gebrek aan vuurmaakhout aangesien dit oop grasveld was met geen bome nie. Vandag groei daar miljoene.

Teen dié agtergrond het die Departement van Bosbou in die 1970’s met die belaglike idee van “Boomplantdae” vorendag gekom om dit vir die gemeenskap aanvaarbaar te maak dat hulle miljoene hektaar prima-grasveldhabitat vernietig deur dit te oordek met ’n kombers van denne- en bloekombome. Hierdeur bedreig hulle baie gespesialiseerde grasveld-voëlsoorte, soos die inheemse grondhoutkapper en blouswael. Dit het tot gevolg dat die eens vrugbare vleilande opgedroog het, wat grootliks daartoe bygedra het dat die lelkraanvoël plaaslik tot op die rand van uitsterwing gedryf is. Ons het die landskap geskend en in baie gevalle het ons die aangesig van die land heeltemal verander.

In die lig daarvan is dit vreemd dat die Departement van Omgewingsbewaring in sy biodiversiteit-wetgewing so sterk standpunt inneem teen wildboere wat plaaslike wildsoorte ingevoer het na gebiede waar hulle nie oorspronklik voorgekom het nie. Want deur die plantegroei te verander, wysig jy die habitat sodanig dat dit nie meer geskik is vir die oorspronklike inwoners van die gebied nie, maar maak jy dit ideaal vir ander. Omtrent 150 jaar gelede het groot troppe springbokke die Springbokvlakte noord van Pretoria bewei wat nou, benewens bewerkte gebiede, tipiese koedoe- en njala-habitat geword het, want hier groei nou duisend maal meer bome as wat daar oorspronklik was. Wanneer was “oorspronklik” nou eintlik? Die Karoo is eens deur groot seemonsters en dinosourusse bewoon. Was dít “oorspronklik”, of was “oorspronklik” 1652 toe die eerste wit mense hier voet aan wal gesit het?

Daar is egter te veel bome oor die hele Suid-Afrika. Die probleem is dat die gras en die houtagtige komponente van die veld in ’n ewige stryd gewikkel is. Deur die veldbrande wat sedert oudsher op die vlaktes van Afrika gewoed het, is 99,9% van alle boom-saailinge doodgebrand. In reaksie daarop het die bome en struike elke jaar duisende sade geproduseer, maar deur veldbrand te verhinder of net koel brande toe te laat, het ons derduisende saailinge laat oorleef en sodoende die houtagtige komponent toegelaat om totaal die oorhand te kry.

GROND DROOG UIT

Die verhoogde transpirasie van al dié bome, wat baie hoër is as dié van die gras, veroorsaak dat die grond baie vinniger uitdroog en die watertafel daal tot onderkant die vlak waar die gras, met hul kort wortelstelsels, toegang daartoe het. Dit sal op sy beurt die uitwerking van droogtetye vererger en op die duur die herstel van die grasbedekking van die plaas belemmer en die drakrag dramaties verminder. Vir die rooibokke maak dit nie saak nie, want as daar nie meer gras is nie, kan hulle in ’n handomkeer van gras na bos oorskakel. Dis net so ’n groot probleem in die Krugerwildtuin wat nie vanself sal weggaan nie.

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Dis nie dat ek nié van bome hou nie – inteendeel, ek is dol oor hulle. Aanvanklik het ek selfs deelgeneem aan Departement Bosbou se boomplant-seremonies, maar het gou tot my sinne gekom. Van toe af het ek probeer om minstens tien uitheemse bome elke jaar op Boomplantdag af te kap. Ek is lief daarvoor om inheemse bome om my te hê, maar te veel van ’n goeie ding is eintlik sleg en te veel bome in ons gewoonlik droë land, is nadelig vir die omgewing in ’n land wat reeds bome vir Afrika het.

 

Posted in Articles from South Africa | Tagged , , , , , | Leave a comment

Losung und Lehrtext für Sonntag, den 25. November 2012

Losung und Lehrtext für Sonntag, den 25. November 2012

Singet dem HERRN ein neues Lied, denn er tut Wunder.
(Psalm 98,1)

Ermuntert einander mit Psalmen und Lobgesängen und geistlichen Liedern, singt und spielt dem Herrn in eurem Herzen. (Epheser 5,19)

Posted in Losung & Lehrtext | Tagged , | Leave a comment

Losung und Lehrtext für Samstag, den 24. November 2012

Losung und Lehrtext für Samstag, den 24. November 2012

Mein Gott, des Tages rufe ich, doch antwortest du nicht, und des Nachts, doch finde ich keine Ruhe. (Psalm 22,3)

Sorgt euch um nichts, sondern in allen Dingen lasst eure Bitten in Gebet und Flehen mit Danksagung vor Gott kundwerden! (Philipper 4,6)

Posted in Losung & Lehrtext | Tagged , , , , , | Leave a comment

Der deutsche Traum: Eine Kolumne von Henryk M. Broder

Whoever things that this world is simple and boring, hasn’t had a look yet. Well, Broder is looking intently and writing rigorously and with convincing clarity and flow of thought. It’s  never just old news, but stimulating and refreshing and always provocative. Read more here under the “German dream”: Der deutsche Traum – News Ausland: Amerika – bazonline.ch.

Posted in Politics, philosophy and other perspectives | Tagged , , , , | Leave a comment

Lutheran Order of Service

“Therefore keep watch, because you do not know the day or the hour.” (Mat 25:13 NIV)

The Lutheran Order of Service for the Last Sunday in the Church year is available here in isiZulu and seTswana. The gospel is Jesus parable about the 10 virgins, which reminds us to be watchful for the coming of our Lord and bridegroom Jesus Christ, who is coming soon and in all his glory to judge the living and the dead.

This Sundays order comes with a seTswana sermon (wt1255121125 n Tr 27) based on Isaiah 65,17-19 (20-22) 23-25 by Rev. Matthias Krieser (SELK) and one in isiZulu (wz1255121125 n Tr 27) on the same text by Rev. Ratshefola (LCSA, NW).

We thank the brothers for their faithful service in preaching the word and also the Lutheran Heritage Foundation for supporting the distribution of hard-copies of these orders of worship and sermons throughout Southern Africa. If you also want a copy please do not hesitate to subscribe by writing to EAWWeber@bundunet.co.za.

I pray you have a very blessed Sunday and have time to meditate on today’s watchword from St. Luke’s gospel:  “Be dressed ready for service and keep your lamps burning.” (12:35 NIV)

Posted in Lutheran Church in Southern Africa, Lutheran Order of service, Sermon | Tagged , , , , , , , , | Leave a comment

Rector’s message

Yesterday at the Seminary’s end-of-academic-year-function we did not only celebrate the abundant blessings and mercies of our Lord, who has provided for yet another good year with lots of opportunity for learning, growing, living, praying and tasting how friendly our God is. No, we also said good-bye to the students from Liberia – our sisters and brothers in the faith, friends and members of our Lutheran family – who will not come again to the Seminary due to lack of financial funds and means. Students have come from Liberia to South Africa even in the previous century and when the Seminary was still in Enhlanhleni. The student T.Doe Johnson from Liberia was the first student who did his post-graduate studies in Old Testament at the University of Pretoria through support from this Seminary nearly 10 years back. Not coming back to Seminary is very difficult for them as you probably can imagine, but we don’t have any alternative at this stage. Lots of hopes are dashed, lots of faiths are sorely tried.

Even though the LTS in Tshwane (Pretoria) is running its operations on a shoe-string and doesn’t cater for any exorbitances we don’t see a way to support these students presently. At a annual cost of $5, 000 per student including return air flights, tuition, accommodation, food and support, medical aid our program here at LTS is quite competitive if you compare it with similar institutions on this continent and abroad.

This is the issue that weighed heavily on my mind in the past weeks and dominated my farewell yesterday. Read here, what I had to say (Message of the rector 2012) and also the regular rector’s report on PPP (RR at Prizegiving 2012).

Posted in Articles from South Africa, LTS in Tshwane, Lutheran World | Tagged , , , , , , | Leave a comment

Losung und Lehrtext für Freitag, den 23. November 2012

Losung und Lehrtext für Freitag, den 23. November 2012

Gott sprach: Meinen Bogen habe ich in die Wolken gesetzt; der soll das Zeichen sein des Bundes zwischen mir und der Erde. (1.Mose 9,13)

Jesus nahm den Kelch, dankte und gab ihn den Jüngern; und sie tranken alle daraus. Und er sprach zu ihnen: Das ist mein Blut des Bundes, das für viele vergossen wird. (Markus 14,23-24)

Posted in Losung & Lehrtext | Tagged , | Leave a comment

Sterben mit dem ARD – Kommentar von Henryk M. Broder

And you thought, they only critique boring sermons? Now way! Read this and consider how “outsiders” hear your tunes, messages and twits. I find Broder amusing and provocative at the same time. Read here what he’s got to say:

“In der „Todesfuge“ von Paul Celan findet sich der Satz „Der Tod ist ein Meister aus Deutschland“. Wie Recht der Dichter mit dieser Feststellung hatte, kann man in diesen Tagen erleben, wenn man das „Erste“ anmacht.

Da läuft die Themenwoche „Leben mit dem Tod“, die sich an den typischen ARD-Zuschauer richtet: einen Mann oder eine Frau zwischen 60 und 65, kurz vor oder nach der Verrentung, der/die sich nun auf das Unvermeidliche innerlich einstimmt. Und so wie sein/ihr Leben geregelt verlief, muss auch das Finale geregelt werden.

„Wie will ich sterben? Welche Beerdigung wünsche ich mir? Wer sich offen mit dem Tod beschäftigt, erleichtert nicht nur sich selbst, sondern auch den Menschen in seinem Umfeld den Abschied.“

Nun trägt die ARD ohnehin dem Umstand Rechnung, dass viele ihrer Zuschauer sich bereits in der pre-mortalen Phase befinden. Die diversen „Feste der Volksmusik“ mit Florian Silbereisen zum Beispiel erträgt nur, wer mit dem Leben weitgehend abgeschlossen hat. Die allabendlichen Talkshows sind so aufregend wie eine Weihnachtsfeier in einem Bestattungsunternehmen.

Erschienen in der Weltwoche vom 22.11.12
Insofern passt die Themenwoche „Leben mit dem Tod“ gut ins Gesamtprogramm. Trotzdem muss man sich fragen, ob es denn noch irgendeinen Bereich gibt, in den das öffentlich-rechtliche Fernsehen nicht erzieherisch eingreifen würde. Es rührt die Trommel für Organspenden und Krebsvorsorge, es klärt über die Gefahren des Tabak-und Alkoholkonsums auf, es nimmt sich der allein erziehenden Mütter an, jetzt greift es ein Thema auf, das angeblich „tabubehaftet“ ist, um dazu beizutragen, „Sprachlosigkeit zu überwinden“: den Tod. Aber der ist so wenig ein Tabu wie das Liebesleben von Heidi Klum. Und was die „Sprachlosigkeit“ angeht: viele Deutsche lesen nur deswegen eine Tageszeitung, um über die Todesfälle in ihrem Bekanntenkreis auf dem Laufenden zu bleiben.

Was aber, wenn einer vom Tod überrascht werden möchte, so wie es vor der Erfindung des Fernsehens der Fall war? Ja, dann hat er eben Pech gehabt. Mit der Zwangsgebühr kommt auch der Todesengel ins Haus.”

Permanenter Link | Druckversion

Posted in Politics, philosophy and other perspectives | Tagged , , , , , , , | Leave a comment

Losung und Lehrtext für Donnerstag, den 22. November 2012

Losung und Lehrtext für Donnerstag, den 22. November 2012

Lass mich deine Herrlichkeit sehen! (2.Mose 33,18)

Jesus offenbarte seine Herrlichkeit. Und seine Jünger glaubten an ihn. (Johannes 2,11)

Posted in Losung & Lehrtext | Tagged , , | Leave a comment

Losung und Lehrtext für Mittwoch, den 21. November 2012

Losung und Lehrtext für Mittwoch, den 21. November 2012

Wohl dem, dessen Hilfe der Gott Jakobs ist, der seine Hoffnung setzt auf den HERRN. (Psalm 146,5)

Dafür arbeiten und kämpfen wir, weil wir unsre Hoffnung auf den lebendigen Gott gesetzt haben, welcher ist der Heiland aller Menschen. (1.Timotheus 4,10)

Posted in Losung & Lehrtext | Tagged , | Leave a comment