TOESPRAAK DEUR F W DE KLERK BY DIE VYFDE MATHEWS PHOSA-GEDENKLESING AFRIKAANSE TAALMUSEUM: 11 AUGUSTUS 2011
DIE TOEKOMS VAN AFRIKAANS
Taal lê aan die wortel van almal van ons se bestaan. Die sintaksis, grammatika en
woordeskat vorm die operasionele stelsel wat ons in staat stel om effektief te kan
funksioneer. Dit gee aan ons die vermoë om met ons medemens te kommunikeer
en vorm die boublokke vir die ontwikkeling van ons kulture, ons geloofsoortuigings
en ons begrip van die wêreld en die lewe. Dit ontroer ons ook en ons diepste
emosies vind uitdrukking in die taal wat ons aan moedersknie geleer het.
If an individual or community is prevented from using its own language, their human
dignity and right to equality are undermined. That is why the foundational principles
of our Constitution so clearly protect and promote language rights.
Ek glo dat ons identiteit as Afrikaanssprekendes tot ‘n groot mate deur ons taal
beïnvloed word. Afrikaans is gebore uit Nederlands en het gou sy eie onmiskenbare
karakter ontwikkel
in die tavernes van Kaapstad; in kombuise en slawelosies; en in die eensame
uitgestrektheid van die Karoo en die hoëveld.
Dit het die dubbele-negatief gekry van die Hugenote en is ryk aan alledaagse
woorde afkomstig van Maleisië en Indonesië.
Daar het ‘n verskeidenheid van kleurryke Afrikaanse idiome ontwikkel, direk
afkomstig van ons ervaring in Afrika.
Die swaarwigtige grammatika van Nederlands is gou afgeskud. Dit is vervang met
een van die eenvoudigste en mees vaartbelynde grammatikas van enige moderne
taal in die wêreld.
Die geboorte van Afrikaans was nie maklik nie. Jare lank is dit geminag as ‘n
kombuistaal. Vir lank is geglo dat Nederlands as primêre taal behou moes word. Die
vermoë van Afrikaans om `n taal van akademiese en letterkundige uitnemendheid te
word, is gewantrou. Desnieteenstaande het Afrikaans in die laaste jare van die 19de
eeu en die vroeë twintigste eeu ‘n trotse plek as ‘n unieke en dinamiese taal verwerf.
As we know, Afrikaans was surpressed by Lord Milner but was finally accepted as an
official language in 1925. For the first 60 years of the last century, South African
politics were dominated by the struggle between “Boer and Brit”, between white
people who spoke English and white people who spoke Afrikaans. Inevitably, the
language became highly politicized. And it was further politicized within the
framework of race and colour.
Many black South Africans saw Afrikaans as the language of repression. For brown
people it was often the language of exclusion, bitterness and pain. Despite their 2
influential role in the development of Afrikaans they often felt rejected and excluded
by their fellow Afrikaans-speaking white brothers and sisters. We must also
acknowledge in shame and contrition that demeaning apartheid legislation was born
and formulated in Afrikaans.
Afrikaans was egter ook die taal waarin ons, in die Nasionale Party, begin worstel het
met die morele uitdaging om apartheid te beëindig. Uiteindelik was Afrikaans vir my
die primêre taal waarin ons ‘n nuwe visie van `n regverdige en nie-rassige
grondwetlike demokrasie gedefinieer het, die taal waarin Suid-Afrika uitgereik het na
‘n nuwe daeraad.
Hoe vaar ons in 2011 – sewentien jaar na 1994?
Afrikaans is ‘n dinamiese taal in die mond van miljoene Suid-Afrikaners. Dit
floreer in kultuur aktiwiteite, moderne musiek en literatuur. Onder andere
getuig die talle suksesvolle kultuur- en taalfeeste, wat jaarliks dwarsdeur die land
plaasvind, hiervan.
Afrikaans has been liberated from its historic political connotations. It is no
longer the language of the oppressor, as we still so often hear. It is a language
that belongs to everyone who speaks it and is no longer defined by race.
Afrikaans is die derde sterkste taal in Suid-Afrika, naas Zoeloe en Xhosa. Dit word
gepraat deur 14% Suid-Afrikaners – dit beteken meer as 6½ miljoen SuidAfrikaners. Dit is die meerderheidstaal onder ons Bruin en Blanke bevolkings en
word gebesig deur talle Swart Suid-Afrikaners.
Afrikaans is ook ‘n trotse taal. Dit het ontwikkel tot volwaardige wêreldtaal en ‘n
mens kan enigiets oor enige onderwerp, hoe tegnies ookal, in suiwer Afrikaans sê
of skryf.
Ek sou kon aangaan om die lof van Afrikaans te besing en die positiewe te
onderstreep. Dit is egter gepas dat ons ook by ‘n geleentheid soos hierdie vra na die
problematiek rondom Afrikaans. Dit is ‘n feit dat Afrikaans onder groot druk verkeer:
Ondanks die Grondwet word Afrikaans in al hoe minder mate gebruik in ons
howe en binne Staatsverband.
Afrikaans is onder druk by die SABC. Bloot die nuwe naam van die ou meertalige
SAUK getuig van die wegbeweeg van taal diversiteit.
Afrikaans is onder ernstige druk in skole. Die daling in die aantal enkelmedium
Afrikaanse skole is dramaties en duur voort. Die aantal Afrikaanse skole het oor
die afgelope 17 jaar met ‘n beraamde 30% gedaal – hoofsaaklik as gevolg van
aanvanklike oorvoorsiening, asook ‘n lae fertiliteitsyfer, emigrasie en die keuse
van sommige ouers om hul kinders na Engelse skole te stuur.
Nog ‘n waarskuwingslig is die ernstige afname in Afrikaanse skoolopleiding in die
bruin gemeenskap. Volgens Chris Klopper is slegs 39% van bruin Afrikaanse
leerders in Afrikaans enkelmedium skole (in vergelyking met 60% wit Afrikaanse
leerders). 10% is in parallelmedium en 51% is in Engelse skole. Daar is ook ‘n
sterk neiging onder bruin leerders wat matriek slaag om te verengels. 3
Insgelyks is Afrikaans onder geweldige druk by universiteite. Afrikaans op
universiteitsvlak is onder skoot en daarmee saam Afrikaans as wetenskapstaal.
Uiteindelik het die ganse Afrikaanse Taalgemeenskap ‘n reuse belang in ‘n
uitkoms wat Afrikaans as tersiêre onderrigtaal stewig sal vestig en in stand sal
hou.
Die organisasies wat gestig is om ons landstale en -kulture te ontwikkel en
bevorder is onderbefonds en onder druk. Die Asmal Kommissie het ‘n paar jaar
gelede aanbeveel dat die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad en die Kommissie vir die
Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en
Taalgemeenskappe ontbind moet word en dat hul funksies oorgeneem moet
word deur `n “super” Menseregtekommissie.
Like other languages, Afrikaans is also under enormous pressure within the
context of globalization. English, with its world language status, is increasingly
the language of the world media, of the business world and of information
systems. The result is that many Afrikaans families accept the domination of
English as inevitable and choose to educate their children in English.
‘n Verdere probleem is die apatie van baie Afrikaanssprekende ouers. Volgens ‘n
onlangse ondersoek na Afrikaansmedium onderrig deur Hermann Giliomee, Chris
Heese en Lawrence Schlemmer is daar nie juis kommer by ouers oor die kwyning
van moedertaalonderrig nie. Baie ouers blyk, volgens die studie, nie ingestel te
wees op die opvoedkundige waarde van moedertaalonderrig nie.
Van hulle sien die invoer van Engelsmedium klasse as `n aanwins eerder
as `n bedreiging.
35% het nie beswaar teen die toenemende gebruik van Engels nie.
Net 17% sal protesteer teen die aftakeling van moedertaal onderrig en
slegs 11% is bereid om ekstra te betaal daarvoor.
Myns insiens durf ons nie die verwatering van die taalregte, soos beskerm in die
Grondwet, of die agteruitgang van Afrikaans op skool– en universiteitsvlak miskyk
nie. The simple fact is that the vision of multiculturalism and multiligualism in the
Constitution has not become a reality. The Constitution makes broad provision for
the protection of all our languages:
It recongnises Afrikaans as an official language with “parity of esteem” with all
the other languages.
It requires that government at national and provincial level must use at least two
official languages.
It makes provision for the establishment of a Pan South African Languages Board,
with the task of promoting all the official languages; creating opportunities for
their development; as well as ensuring that all the other languages that are
spoken in South Africa are respected.
It declares that, where it is reasonably practicable, everyone has the right to
receive education in the official language of their choice in public educational
institutions. This can include non-racial and inclusive single medium institutions.
Ongelukkig is feitlik elkeen van hierdie waarborge geïgnoreer of verwater sedert die
aanvaarding van die Grondwet in 1996.4
Een van die redes waarom die waarborge oor taal, wat in die Grondwet verskans is,
nie nagekom word nie is dat die Regering nie sy verantwoordelikheid in die verband
ernstig opgeneem het nie. Die Regering moes lankal ingevolge artikel 6 (4) van die
Grondwet wetgewing en ander maatreëls aanvaar het om die gebruik van amptelike
tale te reël en te moniteer. Alhoewel die Regering ‘n konsep Suid-Afrikaanse Taalwet
in 2003 voorberei het, is dit nooit verder geneem nie.
Dit het aanleiding gegee tot ‘n dapper inisiatief deur ‘n prokureur, mnr Lourens, wat
die Hooggeregshof in Pretoria in 2010 genader het. Hy het ‘n bevel gevra om die
Regering te verplig om met ‘n Suid-Afrikaanse Taalwet voort te gaan. Sy aansoek
was suksesvol. Die Hof het bevind dat die Nasionale Regering in versuim is om
ingevolge artikel 6(4) van die Grondwet deur wetgewende en ander maatreels
gebruik van amptelike tale te reël en te monitor. Die Hof het voorts die betrokke
Minister beveel “om die gemelde verpligting binne twee jaar … na te kom of toe te
sien dat dit nagekom word.”
The result is the 2011 draft South African Language Bill which will soon be
considered by Parliament. On the one hand, the court case has once again shown
that the courts are able and willing to uphold the principles in the Constitution.
On the other hand, the draft 2011 Bill does not comply at all with the principles in
Section 6 of the Constitution. In fact, the 2011 draft Bill does less to promote the
language provisions in the Constitution than the 2003 draft Bill.
The latter Bill made broad provision for the promotion of the objectives in
Section 6;
for the promotion of multiligualism;
for the use by South Africans of the official languages of their choice; and
for the development of indigenous languages.
In contrast, the 2011 Bill makes provision for the absolute minimum to carry out the
order of the court in the Lourens case.
Dit is essensieël vir die bevordering van Afrikaans en ander landstale, dat die
beoogde Taalwet deeglik voorsiening moet maak om die oogmerke van Artikel 6 van
die Grondwet te bewerkstellig. Die konsep van 2011 doen dit nie.
Enige nuwe wetgewing behoort maatreëls te bevat wat die amptelike status van alle
landstale bo enige twyfel sal vestig. In die verband kan ons dalk iets uit die
ondervinding van Indië, ‘n ander veeltalige demokrasie, leer.
The Indian Constitution makes provision for two national languages, Hindi and
English. Each federal state has the right to accept its own official language or
languages. In practice, the states create an institutional interest in the promotion of
regional languages by making it a requirement that everyone who is appointed or
promoted in the regional public service must be fluent in the relevant regional 5
language. This means that local schools and universities also have an interest in
ensuring that regional languages achieve their full potential.
A new South African Language Act provides an opportunity to create a similar
dispensation in South Africa.
Die Grondwet vereis dat die nasionale regering en alle provinsiale regerings ten
minste twee amptelike tale moet gebruik. Vir praktiese doeleindes kan verwag word
dat een van daardie twee tale Engels sal wees. Dit sal egter onaanvaarbaar wees om
slegs een van die ander tale as die tweede amptelike nasionale taal landswyd te
gebruik.
Afrikaans, as die derde sterkste taal in die land wat in ‘n meerderheid van ons
provinsies ‘n dominante taal is, behoort ook volwaardige erkenning te geniet.
Daarnaas behoort ‘n derde inheemse taal in elke provinsie as ‘n streekstaal dieselfde
erkenning te kry.
So ‘n benadering sou verseker dat elke landsburger in die taal van sy of haar keuse
bedien sou kon word. Dit sou ook ‘n institusionele belang skep om streekstale aan te
leer en te bevorder – ook in plaaslike skole en universiteite.
Benewens dit, behoort die nuwe Taalwet praktiese voorsiening te maak om die
ontwikkeling van swart inheemse tale te bevorder en om PANSALB te versterk.
Die toekoms van Afrikaans lê ten dele in ons nuwe Grondwet opgesluit – en ten dele
in ‘n sterk en praktiese Suid-Afrikaanse Taalwet. Dit sal ons enersyds saambind as
lede van die Suid-Afrikaanse nasie, en andersyds waarborge gee dat ons
verskeidenheid eerbiedig en gerespekteer sal word.
Vir my beteken die Grondwet dat u en ek nooit gevra sal word om ons Afrikaanse
herkoms te verloën nie; dat ons erken word as ‘n positiewe boublok binne die SuidAfrikaanse nasie; en dat alle ander Suid-Afrikaners dieselfde aanspraak het ten
opsigte van hulle kulturele erfenis.
For me, this also means that we are called on to reach out across cultural borders to
all our fellow South Africans; to build together our common South Africanness; to
cooperate in the search for solutions to the problems with which our country still
wrestles.
Nation-building must succeed, but can only succeed if we can assure a sustainable
and honourable role for our diversity. It is not one or the other. Both – nationbuilding and diversity – necessitate carefully considered attention in balance with
one another.
Teen hierdie agtergrond wil ek afsluit met enkele gedagtes oor wat ons, vir wie
Afrikaans kosbaar is, nou te doen staan. 6
In die eerste plek moet ons aanvaar dat die toekoms van ons taal in ons eie hande lê.
Dit is ons wat sal besluit of Afrikaans voortleef en floreer, en of dit sal agteruitgaan
en uitsterf. Ons is nie van die regering afhanklik vir ons oorlewing nie.
Afrikaanssprekendes het nie die Britte in die begin van die vorige eeu toestemming
gevra om Afrikaans te praat en ontwikkel nie. Hulle het dit eenvoudig net gedoen.
Nou moet ons weer dieselfde doen.
Tweedens het ons `n grondwetlike reg om ons kinders in die taal van ons keuse te
onderrig. Ons moet Afrikaans kies. Ons kinders kan en moet ook Engels, die
wêreldtaal, aanleer – maar hul grondslag moet Afrikaans wees. Ons moet verseker
dat daar genoeg enkelmedium skole is wat moedertaal onderrig kan bied. In
gemeenskappe waar daar nie genoeg Afrikaanssprekende kinders is nie, moet ons
aandring op effektiewe parallelle of dubbelmedium onderrig. Ons moet verseker dat
ten minste twee van ons universiteite `n oorheersend Afrikaanse karakter behou – en
Afrikaanssprekende studente op die ander tradisioneel Afrikaanse universiteite moet
in staat wees om in hul eie taal te kan studeer.
Niks hiervan sal egter gebeur indien ons dit nie self láát gebeur nie. In dié proses
moet ons hande vat en brûe bou in stede van vas te val in negatiewe vingerwysende
debatte. Deur middel van opbouende en inklusiewe dialoog moet ons konsensus
bereik oor die toekoms van ons geliefde taal, Afrikaans.